On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Nóg 'n kreatiewe manier om kos te kweek: dakboerdery

───   ELSABÉ RICHARD 08:12 Tue, 27 Jun 2023

Nóg 'n kreatiewe manier om kos te kweek: dakboerdery | News Article
FOTO: Mcebo fresh veggie rooftop farm/Facebook.

Dakboerdery is maar een van die kreatiewe maniere hoe mense kos kweek.

Volgens Sibongile Cele van Mcebo Veggie Rooftops is hierdie tipe boerdery ’n goeie manier om ruimte en water te bespaar. 

Cele sê die idee om kos op dakke te kweek, het ontstaan ná probleme met grondbeskikbaarheid in 'n stad soos Johannesburg.

'n Voorbeeld van dakboerdery/Melbourne Skyfarm via www.broadsheet.com.au

“Ons het na dakke gekyk, want dit is plat dakke [in Johannesburg] wat nie gebruik word nie ... [Ons het] met die eienaars [gepraat] en gesê 'gee ons toegang om jou grond te gebruik, wat op die dak is, [om te] hergebruik om 'n plaas te wees' ... [Dit] verkort die kosmyl sodat mense nie lang afstande hoef te stap om produkte te [gaan koop] nie. 

"Dit verminder selfs die koste om kos te vervoer, want daardie myl raak die eindgebruiker met die prysbepaling. Dit moet immers by die eindprys oorweeg word."

Metodes wat met dakboerdery gebruik word

Cele sê hulle maak gebruik van hidroponika, wat baie doeltreffend is om water en ruimte te bespaar. Sy verduidelik dat op 'n 300 vierkante meter 3 600 plante kan produseer, “maar as jy op ’n plat land was, sal jy hektaar en hektaar grond gebruik. 

"So, dit is klimaatvriendelik in 'n sin dat ons weet dat water 'n skaars hulpbron is en ons moet baie, baie vaardig wees wanneer dit kom by watergebruik."

Mcebo Fresh Veggie se dakboerdery. FOTO: Facebook

Uitdagings 

Cele sê die opstelkoste van hidroponika is duur. Sodra die opstelling egter gedoen is, kan die boer begin plant en gereelde instandhouding doen.

Nog 'n uitdaging, waarmee die hele Suid-Afrika te kampe het, is beurtkrag. Cele sê omdat hulle waterpompe gebruik om die water binne die rame te sirkuleer, kan beurtkrag 'n groot uitdaging wees.

“[Maar] omdat ons oplossingsgebaseer is, kyk ons nou na [of] ons daardie waterpompe kan gebruik deur hernieubare energie te gebruik, byvoorbeeld deur 'n sonkrag[paneel] op te stel wat die vloei van die water na jou stelsels sal beheer.”

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.