On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Verdagte betrap met vermoedelik gesteelde beeste

───   ELSABÉ RICHARD 13:49 Tue, 27 Jun 2023

Landbounuus: Verdagte betrap met vermoedelik gesteelde beeste | News Article
FOTO: SAPS/Facebook.

'n Verdagte is betrap met veertien vermoedelik gesteelde beeste, van byna R300 000, wat hy glo gesteel het op 'n plaas by Hennenman.

Vrystaatse  polisiewoordvoerder, Stephan Thakeng, sê die 46-jarige staan tereg op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde vee, veediefstal en ootreding van die Immigrasiewet. 

Veertien vermoedelik gesteelde beeste/FOTO: Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Ná ’n daling van 5 punte tot 44 in die eerste kwartaal, was die Landbou-sake-vertrouensindeks onveranderd in die tweede kwartaal. Dit bly dus die laagste  sedert die tweede kwartaal van 2020 toe Covid-19-inperkings in werking gestel is.

TLU SA vra Suid-Afrikaners moet hulle kommer oor die voorgestelde regulasies vir waterlisensie-aansoeke amptelik teen 18 Julie uit te spreek. Hoofbestuurder,  Bennie van Zyl, sê die toekenning van waterlisensies vir landbou volgens ras sal ’n verreikende uitwerking hê op die volhoubaarheid van dié sektor. Hy sê die  voorgestelde regulasies impliseer ras is belangriker as kos.

Die Wes-Kaapse Minister van Landbou vra landbourolspelers moet berge versit om die sektor se afhanklikheid van Eskom te verminder. Minister Ivan Meyer het op die provinsie se energieberaad gesê 'n opname deur Agri SA toon meer as die helfte van boere het 'n verlies aan inkomste ervaar wees  beurtkrag, terwyl driekwart hul produksiepraktyke moes verander. Amper 40% moes hul gewasse verminder en byna 'n derde het hul veekudde verklein weens die  voortdurende kragonderbrekings.

EN

Dakboerdery is maar een van die kreatiewe maniere waarop mense kos kweek. Volgens Sibongile Cele van Mcebo Veggie Rooftops is hierdie tipe boerdery ’n goeie manier om ruimte en water optimaal te benut. Cele sê die soort boerdery bied nog uitdagings.

OFM-nuus












@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.