On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

’n Vrystaatse slagpale sluit sy deure

───   ELSABÉ DE JAGER 15:26 Fri, 30 Jun 2023

’n Vrystaatse slagpale sluit sy deure | News Article
FOTO: Ron Lach/Pexels.

In Harrismith is 79 mense werkloos gelaat nadat ’n slagpale daar op 23 Junie sy deure moes sluit.

DA-raadslid Eleanor Quinta sê die sluiting is te wyte aan swak infrastruktuur wat vererger word deur die MAP-16 koalisie wat nie bevoeg is om beheer oor die krag- en watervoorsiening uit te oefen binne die plaaslike munisipaliteit van Maluti-a-Phofung nie.

Verskeie ander besighede en fabrieke moes weens dieselfde uitdagings in hierdie gebied ook reeds sluit.

Die DA beskou die munisipaliteit se gebrek aan empatie en probleemoplossing as onaanvaarbaar en sal voortgaan om op alle regeringsvlakke nasionale ingryping in Maluti-a-Phofung te eis.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.