Agriculture
Petrolpryse daal en diesel word duurder─── ELSABÉ DE JAGER 08:24 Wed, 05 Jul 2023

Die nuwe petrolprys laat verbruikers glimlag terwyl dieselverbruikers van Woensdag af die hand dieper in hul sakke sal moet steek.
Die departement van minerale hulpbronne en energie het onlangs die nuwe prysaanpassings gepubliseer.
Petrol sal tussen 17 en 24 sent per liter minder kos. Diesel se prys styg tussen 12 en 18 sent per liter.
Daar sal gedurende Julie geen balansfondsheffing of koolstofheffing by brandstofpryse gevoeg word nie.
Die prys van paraffien verminder met 4 sent per liter.
Die gemiddelde prys van Brent-ruolie het gedurende die tydperk in oorsig gedaal van $75,10 tot $74,90 tot per vat.