On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Vrystaat Landboukollege se eerste semester suksesvol afgehandel

───   ELSABÉ DE JAGER 08:31 Thu, 06 Jul 2023

Vrystaat Landboukollege se eerste semester suksesvol afgehandel | News Article
FOTO: Vrystaat Landboukollege/Facebook.

Vrystaat Landboukollege buite Bloemfontein se tweede semester begin op 18 Julie.

Die opleidingsinstituut spog met sy eie kampus, proefplaas en koshuise.

Tien van die 41 inwonende koshuisstudente is ingeskrewe kollegestudente. Die res van die studente is landboustudente asook studente wat in verskeie ander rigtings soos regte, medies en argitektuur aan die Universiteit van die Vrystaat en ook ander tersiêre instellings studeer.

Kollegehoof dr. Antonie Geyer sê hulle beplan om in 2024 minstens 50 kollegestudente in te neem vir onder meer ’n eenjarige landbousertifikaat of tweejarige landboudiploma in spesialisrigtings.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.