Agriculture
Namakwa-boere steeds dankbaar vir reën te midde van noodtoestand-verklaring─── ELSABÉ RICHARD 09:00 Fri, 07 Jul 2023
Die reën wat uitgesak het oor dele van die Namakwa-distriksmunisipaliteit, het nie net die dorre wêreld se dors geles nie, maar het die verklaring van 'n noodtoestand tot gevolg gehad.
Munisipaliteite wat erg hierdeur geraak word, is die Richtersveld-, Kammiesberg- en Nama-Khoi munisipaliteite.
Volgens Bennie Roberts, 'n boer van Steinkopf, het hy van sy skaap verloor en weet hy ook van ander boere wie se diere in die vloede omgekom het.
Die vloed het ook lewensvelies tot gevolg gehad.
ALSO READ: Gift of the Givers provides assistance to Northern Cape flood victims
Maar ten spyte hiervan, is hulle tog dankbaar vir die reën wat uitgesak het.
Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê die Richtersveld het die afgelope nege jaar onder erge droogte gebuk gegaan en het die laaste tyd sowat 100 mm reën ontvang.
Jansen het ook sy dankbaarheid uitgespreek.
Die gemoed onder boere
"Op hierdie stadium is die boere in 'n situasie waar hulle nog nie almal by hulle vee kan uitkom nie... Die gemoed van die boere is, hulle is bekommerd. [Sommige] van die boere het my gekontak en gesê hulle het [tot 40] diere verloor.
"So, ons is bedruk aan dié kant."
Die Noord-Kaapse Departement het vroeër vandeesweek aangekondig dat talle paaie onder water is, wat daartoe gelei het dat boere en inwoners nie dorpe en plase kon verlaat of inkom nie. Die pad tussen Grasvlakte en Eksteenfontein is intussen herstel en kan weer deur motoriste gebruik word.

