Agriculture
Munisipaliteit gee opkomende boere ’n hupstoot─── 14:13 Mon, 10 Jul 2023
Thabo Mofutsanyana-distriksmunisipaliteit in die Vrystaat, met sy Landbou- en Landelike Ontwikkelingseenheid, ondersteun bestaans- en opkomende boere in die streek met verskeie gemeenskapsgebaseerde landbouprojekte.
Die hoofdoel agter die ondersteuning van hierdie inisiatief is om gemeenskapsopheffing te bevorder, die ekonomie te verbeter, armoede uit te roei en gemeenskapslede met winsgenerering te help.
Volgens die distrik se koördineerder van landbou, Lebohang Moshoaliba, het die distrik die boere met diesel gehelp en om landboutoerusting te huur om die grond voor te berei om droëboonplanting te doen. Die eenheid is tevrede met die uitslag. “Ons verwag nie iets terug nie, ons wil net hulp verleen,” het Moshoaliba gesê.
Hy voeg by dat die distriksmunisipaliteit die opkomende boere gehelp het met vark-, hoender- en koeikos. Groentesade is ook aan opkomende boere gegee.
