On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Veldbrandrisiko's neem toe te midde van winderige toestande, El Niño

───   ELSABÉ RICHARD 07:44 Thu, 10 Aug 2023

Veldbrandrisiko's neem toe te midde van winderige toestande, El Niño | News Article
FOTO: Guduru Ajay bhargav/Pexels.

Terwyl Suid-Afrika voorberei vir die gevolge van El Niño, wat lei tot warmer en droër toestande, tesame met uitdagings van beurtkrag, word boere versoek om voorkomende aksies te neem om die verhoogde risiko van veldbrande te verminder.

“Oor die jare het ons die nadelige uitwerking wat veldbrande op boere, veral in spesifieke streke van die land, gesien terwyl hulle steeds sukkel ná die 2015/2016-droogte,” sê Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB Landbou.

Maree sê gedurende die droë seisoen beskik veldbrande oor die potensiaal om vinnig te versprei, wat verwoesting nie net oor plase saai nie, maar ook lewensbelangrike infrastruktuur in gevaar stel en selfs naburige woongebiede bedreig. 

Hy sê beurtkrag gekombineer met nalatigheid soos om verwarmers en stowe aan te los kan die brandgevaar aansienlik versterk. 

Die gebruik van kerse of opelugvure kan ook brandrisiko's eskaleer veral in landelike gebiede.

Vorige gevalle van veldbrande het gelei tot verhoogde verliese in landbouproduktiwiteit. Gevolglik het dit voedselonsekerheid vir mense en diere veroorsaak. By tye het toerustingskade as gevolg van veldbrande boere finasieel skade berokken. 

El Niño: brandrisiko's en gewasopbrengste

Die El Niño-verskynsel gaan gewoonlik gepaard met warmer en droër weerstoestande, dus kan dit bydra tot die ontstaan en verspreiding van veldbrande. Kundiges is van mening dat die invloed van dié weerverskynsel nie so groot op die landbousektor sal wees nie. Dit is omdat Suid-Afrika die afgelope paar jaar goeie reënval gehad het weens die La Niña-verskynsel wat die teenoorgestelde van El Niño is.

Die baie reën het bygedra tot die beskikbaarheid van 'n groot hoeveelheid brandbare materiaal. 

"As [die El Niño] intens is, kan dit lyk soos die somber landboutoestande wat ons tydens die laaste El Niño-droogte in die 2015/16-seisoen gesien het, waar stapelgewasse soos mielies tot 8,2 miljoen ton gedaal het, ver onder Suid-Afrika se verbruiksvlakke van 11, 8 miljoen ton," sê Wandile Sihlobo, hoofekonoom by die Landbousakekamer van Suid-Afrika. 

Luister na OFM se gesprek met Andrea Campher, Agri SA se ramp en risiko-bestuurder, oor hoe klimaatsverandering bydra tot veldbrande en oorstromings: 

Voorsorgmaatreëls

Boere word aangemoedig om omvattende brandbestuursplanne op te stel en om met regeringsentiteite en medeboere saam te werk om te voldoen aan gevestigde prosedures of protokol wanneer beheerde brande begin word.

Maree sê brandbestrydingstoerusting moet ook op 'n gereelde basis in stand gehou word, terwyl boere ook betrokke moet raak by plaaslike brandverenigings.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.