On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 14 Aug 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Przemek Markowski/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys het Vrydagoggend gestyg met 0,46%.
  • Dit is aangedryf deur 'n verswakte dollar en hernieude optimisme vir Amerikaanse mielie-uitvoere. 
  • Die USDA het Amerika se mielie-uitvoere op 'n totaal van 909 320 ton aangemeld. Ongelukkig is die kumulatiewe totale mielies vir die 2022/23 bemarkingsjaar nog net 37,3 miljoen ton bereik, wat aansienlik agterbly met verlede jaar se pas van 57,1 miljoen ton. 
  • Mexiko is die nommer een bestemming, terwyl Japan, Saoedi-Arabië, Kanada en Taiwan die top vyf invoerders van Amerikaanse mielies afgerond het.
  • Die binnelandse mieliekontrakte het Vyrdag met gemengde tendense verhandel. 
  • Die plaaslike nabymaand wit mieliekontrak vir lewering in Augustus 2023 het met R11/ton (+0,30%) geklim en teen R3 625/ton gesluit. 
  • Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Augustus 2023 met R9/ton (+0,24%) geklim en teen R3 644/ton gesluit.

Sojabone:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Vrydagoggend 'n merkbare daling van 1,36% getoon.
  • Die nuutste USDA uitvoerverslag het ‘n toename in weeklikse sojaboonuitvoere vir Amerika getoon. 
  • Sojaboonuitvoere het verlede week altesaam 1,4 miljoen ton in gekombineerde ou en nuwe oesverkope beloop. 
  • Die top vyf bestemmings vir hierdie uitvoere was Duitsland, Indonesië, Nederland, Mexiko en Japan. 
  • Die kumulatiewe totale sojaboonuitvoere vir Amerika beloop hierdie jaar reeds hoër as die vorige seisoen. Dit is deels as gevolg van die rekord hoë sojaboonproduksie wat Amerika hierdie jaar beleef het.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydag met effense opwaartse tendens verhandel. 
  • Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Augustus 2023 met R19/ton (+0,21%) geklim en teen R9 100/ton gesluit.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend matiglik met 0.41% gestyg teenoor die vorige verhandelingsdag.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Vrydag met effense opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Augustus 2023 met R57/ton (+0,85%) geklim en teen R6 730/ton gesluit. 
  • Die September 2023-kontrak het met R30/ton geklim en gesluit teen R6 705/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste. 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.