Agriculture
Dierkundige van Bloemfontein ontvang eerbewys─── ELSABÉ DE JAGER 13:35 Tue, 22 Aug 2023
Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekunde het die Bloemfonteiner, prof. H.O. de Waal, met ’n goue medalje vereer vir sy bydrae tot Suid-Afrikaanse diereproduksie.
Erkenning is aan De Waal gegee vir onder meer sy wetenskaplike kennis op verskeie werksvlakke, wat strek van toegepaste dierevoeding tot wildvoeding, veldbestuur en strategieë vir droogteverligting.
De Waal, bekend vir sy streng dissipline en wetenskaplike korrektheid, is sedert sy aftrede aan die Universiteit van die Vrystaat, steeds betrokke as studieleier vir nagraadse studente.
Een van sy oogmerke is om die Bloemfonteinse dieretuin, wat in 2020 gesluit het, te laat herleef. Dit is vir hom belangrik dat veral jong stadsmense toegang het tot ’n dieretuin.
Besprekings word tans gevoer oor hoe dié gebied in Bloemfontein kan herleef.
