Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 25 Aug 2023
FOTO: Pixabay via Pexels.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Die kommoditeit-afgeleide afdeling van die JSE het met Donderdagoggend se verhandelingsessie tegniese probleme ondervind.
Verhandeling het vir ’n kort tyd gestop. Die verhandelingsdag is egter verleng om die daaglikse verhandelingsperiode te behou, en dus het die mark later as gewoonlik gesluit.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys het sedert Donderdag verhandel teen ‘n opwaartse tendens van ongeveer 2,10% hoër as die vorige verhandelingsdag.
- Die binnelandse mieliekontrakte het Donderdag met ‘n effense opwaartse tendens verhandel.
- Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in Augustus 2023 het met R19/ton (+0,53%) geklim en teen R3 620/ton gesluit.
- Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Augustus 2023 met R5/ton (+0,14%) geklim en teen R3 610/ton gesluit.
Sojabone:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys het sedert Woensdag verhandel teen ‘n effense opwaartse tendens van ongeveer 0,59% hoër as die vorige verhandelingsdag.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Donderdag met effense opwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Augustus 2023 met R28/ton (+0,30%) geklim en teen R9 362/ton gesluit.
- Die Maart 2024-kontrak het met R83/ton geklim en teen R9 513/ton.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys het sedert Donderdag verhandel teen ‘n opwaartse tendens van ongeveer 1,8% hoër as die vorige verhandelingsdag.
- Die binnelandse koringkontrakte het Donderdag met effense afwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike koringmark het vir lewering in Augustus 2023 met R12/ton (-0,18%) gedaal en teen R6 818/ton gesluit.
- Die September 2023-kontrak het met R125/ton gedaal en gesluit teen R6 510/ton.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
