On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   07:32 Tue, 29 Aug 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Los Muertos Crew/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys het oor die naweek verhandel teen ‘n effense afwaartse tendens van ongeveer 0,34% laer as die vorige verhandelingsdag.
  • Die oorkoepelende sentimente wat oor die naweek in die Amerikaanse mielie- en sojaboonmark speel, is dat opbrengste verder verlaag kan word in komende USDA-verslae nadat verlede week se oestoer-resultate laer was as wat die markte voor die toer verwag het.
  • Die binnelandse mieliekontrakte het Maandag met ‘n effense opwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in September met R36/ton (+1,01%) geklim en teen R3 631/ton gesluit. 
  • Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in September 2023 met R25/ton (+0,69%) geklim en teen R3 636/ton gesluit.

Sojabone:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys het oor die naweek verhandel teen ‘n effense opwaartse tendens van ongeveer 1,13% hoër as die vorige verhandelingsdag.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Maandag met skerp opwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2023 met R132/ton (+1,39%) geklim en teen R9 632/ton gesluit. 
  • Die Maart 2024-kontrak het met R115/ton geklim en teen R9 720/ton.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys het oor die naweek verhandel teen ‘n skerp afwaartse tendens van ongeveer 1,79% laer as die vorige verhandelingsdag.
  • Koring daal namate groot volumes goedkoop Russiese koring steeds na wêreldmarkte vloei. 
  • VSA en ander koring lyk in teorie meer mededingend in terme van termynpryse teenoor Russiese koring, 
  • Russiese kontantpryse vir fisiese aflewering is wel in die werklikheid aansienlik laer.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Maandag met effense afwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike koringmark het vir lewering in September 2023 met R70/ton (-1,08%) gedaal en teen R6 430/ton gesluit. 
  • Die Desember 2023-kontrak het met R17/ton gedaal en gesluit teen R6 265/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA we webtuiste. 

OFM Nuus

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.