On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Heropening van beesvleisuitvoermarkte positief vir Suid-Afrika

───   ELSABÉ RICHARD 08:30 Wed, 30 Aug 2023

Heropening van beesvleisuitvoermarkte positief vir Suid-Afrika | News Article
FOTO: Departement van Landbou/Facebook.

Twee positiewe ontwikkelings in Suid-Afrika se landbousektor, is die heropening van die Chinese beesvleismark én die stewige vestiging van beesvleistoegang tot die Koninkryk van Saoedi-Arabië.

Saoedi-Arabië het in die verlede nie prominent in Suid-Afrika se beesvleisuitvoermarkte verskyn nie, met slegs klein volumes wat in die vroeë 2000's uitgevoer is, sê Wandile Sihlobo, hoofekonoom by die Landboubesigheidsakekamer van Suid-Afrika.

Sihlobo benadruk die belangrikheid van die hernieude toegang tot hierdie mark vir Suid-Afrika se ambisie om beesvleisuitvoer uit te brei.

Data van Trade Map toon dat die Saoedi-beesvleismark in 2021 meer as VS$647 miljoen bereik het.

"Sowat 62% van die Saoedi-beesvleisinvoer was bevrore beesvleis, terwyl 38% verkoelde of vars beesvleisinvoer was. 

"Sommige toonaangewende verskaffers aan Saoedi-Arabië sluit Brasilië, Australië, Pakistan, die VSA, Nieu-Seeland en Kanada in. Behalwe vir beesvleis is die Saoedi-vleismark groot, met alle vleisinvoer wat die afgelope vyf jaar gemiddeld op US$1,9 miljard per jaar gewaardeer is," sê Sihlobo.

Dit beteken mettertyd, namate Suid-Afrika sy produksie in ander vleiswaardekettings verhoog, Saoedi-Arabië ’n strategiese land kan bly vir groeiende uitvoer.

China se opheffing van verbod op beesvleisinvoer

China het 'n gevestigde handelsverhouding met Suid-Afrika. Dié land was die afgelope ses jaar die voorste invoerder van Suid-Afrika se bevrore beesvleissnitte in waardeterme.

Maar dit het weens uitbrake van bek-en-klouseer in verskeie provinsies in Suid-Afrika 'n verbod op beesvleisinvoer geplaas. 

Omdat Suid-Afrika uitbrake onder beheer gekry het en daar nie meer nuwe gevalle aangemeld is nie, het China besluit om die rooivleis-invoerbeperkings op te hef.

Dié aankondiging is op 17 Augustus 2023 gemaak.

Reuters berig dat Chinese doeane ook in 'n afsonderlike aankondiging gesê het hulle erken verskeie streke in Suid-Afrika is bek-en-klouseer vrye sones. 

Die opheffing van die verbod kan ook 'n mate van verligting bied aan die plaaslike beesvleisbedryf wat verskeie uitdagings in die gesig gestaar.

Avokado uitvoer na China goedgekeur

Die Minister van Landbou Thoko Didiza het op 22 Augustus 'n avokado-uitvoerooreenkoms onderteken met die Chinese Minister van Buitelandse Sake Wang Yi. 

Die ondertekening het plaasgevind tydens China se besoek aan Suid-Afrika vir die Brics-beraad.

“Om toegang tot China te verkry is 'n noodsaaklike stap in die dryf van 'n uitvoer-geleide groei vir die Suid-Afrikaanse avokado's, wat 'n verbintenis is wat die regering onder die Landbou en Landbou-verwerking Meesterplan aangegaan het.

“In onlangse jare het die avokadobedryf met 4 750 hektaar uitgebrei en die totale hektaar tot meer as 18 000 verhoog,” het Didiza gesê.

OFM Nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.