On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Vrystaatse boer dood in huis gevind, vrou ernstig beseer

───   ELSABÉ RICHARD 14:00 Wed, 30 Aug 2023

Landbounuus: Vrystaatse boer dood in huis gevind, vrou ernstig beseer | News Article
FOTO: Kat Wilcox/Pexels.

Die vlaag plaasaanvalle en -moorde duur voort in die Vrystaat.

'n Bejaarde egpaar is die afgelope week aangeval op hul plaas buite Bloemfontein. Kagisanong-polisie en noodpersoneel is ontbied nadat 'n vriend van die egpaar se seun die 71-jarige boer dood aangetref het in die huis. Polisiewoordvoerder, Mahlomola Kareli, sê die oorledene se 64-jarige vrou is ernstig beseer gevind en na 'n hospitaal geneem vir behandeling. Dit is nog onbekend hoeveel dae vantevore die plaasaanval plaasgevind het.

Wes-Kaapse boere herstel goed ná onlangse oorstromings in dele van die provinsie. Boere kan weer hulle produkte mark toe neem nadat sommige van die beskadigde paaie reeds herstel is. Wes-Kaapse landbouminister Ivan Meyer die provinsie het ook gebuk gegaan onder oproerige taxi-stakings.

Francois Prinsloo en Nicky van der Linde, albei van Mpumalanga, en Nets Turvey van Limpopo, is aangewys as drie topdrie in vanjaar se TLU SA Jongboerkompetisie. Die wenner word op 6 September by die jaarkongres aangekondig. TLU SA Hoofbestuurder Bennie van Zyl sê inskrywings het vanjaar inegkom uit alle uithoeke van die land.

Suid-Afrika se boervroue is veerkragtig en staan vir niks terug nie. Vroue is dikwels hul man se steunpillaar. Maar Nooitgedacht Dorperstoet se Isabel Saunderson sê herinner die skoner geslag om tog ook tyd in te uim vir hulle self.

EN 

Enkellopende  boere van Sentraal-Suid-Afrika word uitgenooi om in te skryf vir die 16de seisoen van die gewilde maatsoekreeks - Boer soek 'n vrou. Aanbieder, Marciel Hopkins, sê inskrywings sluit voor middernag op 7 September.

OFM Nuus





@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.