On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: UV-professor RPO se nuwe uitvoerende hoof

───   ELSABÉ RICHARD 15:12 Fri, 01 Sep 2023

Landbounuus: UV-professor RPO se nuwe uitvoerende hoof | News Article
FOTO: Professor Frikkie Maré.

'n Universiteit van die Vrystaat-professor is die nuwe uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie.

Frikkie Maré, wat veral spesialiseer in die rooivleis-waardeketting, insluitend primêre produksie, voerkrale en die finale verbruiker, is onlangs aangestel in dié amp. Hy sê heelwat voetwerk moet nog gedoen word voor hy sy voorganger Gerhard Schutte se skoene kan vol staan.

Die lewendehawebedryf het merkwaardige groei getoon, maar die toekoms bly duister. Dit kan toegeskryf word aan beurtkrag en 'n kleiner vraag na rooivleis. Farmer's Weekly se Sindira Chetty sê tydens die uitreiking van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid se basislyn-landbouvooruitsigte vir 2023 tot 2032, was sprekers dit eens: groeiprojeksies vir die komende dekade balanseer op 'n mespunt.

'n Geraamde 40 000 hektaar weiveld is verlore in die onlangse brande in die distrikste Brandfort, Soutpan en Boshof. Landbou-LUR, Saki Mokoena, sê die veldbrande het ekonomiese terugslag in die provinsie veroorsaak en dít bedreig werksgeleenthede. Mokoena het vandeesweek ‘n besoek afgelê aan ‘n plaas wat swaar getref is  naby Brandfort. Meer as 150 diere moes deur die dierebeskermingsvereniging van kant gemaak word. 

Die Landboudepartement erken die onlangse bekendstelling van ‘n energiefonds, waar boere aansoek kan doen vir tot R1,5 miljoen, nie genoeg sal wees om te voldoen aan alle produsente se behoeftes nie. Minister Thoko Didiza het die afgelope week tydens die bekendstelling van die Agro-energiefonds, in samewerking met die Landbank gesê die fonds verskaf 'n kombinasie van toelaebefondsing en lenings vir boere. Dit is daarop gemik om hulle in staat te stel om die nodige toerusting en infrastruktuur aan te skaf vir energie-intensiewe boerdery tydens beurtkrag.

EN ... Studente by Bo-Karoo Opleiding by Orania is bevoorregd om hul kwalifikasie in 'n goed gestruktureerde landelike omgewing te verwerf. Dié beroepsopleidingsinstansie bied onder meer studente 'n geleentheid om ondervinding op te doen in boerderybestuur, wat hul ten einde roepinggedrewe volwassenes sal maak voor hulle die arbeidsmark betree. 

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.