Agriculture
Wéér vele te sien en beleef by NAMPO ALFA 2023─── ELSABÉ RICHARD 10:37 Thu, 14 Sep 2023
NAMPO ALFA is 'n lewendehawe-, jag- en buitelewe-ekspo toegespits op die veeboer. Die veeprogram het gegroei uit die ALFA-ekspo wat op Parys aangebied is.
'n Uitsonderlike veeprogram is wéér aan die orde van die dag by NAMPO ALFA 2023.
Hoogtepunte om na uit te sien
Die hoogtepunt van die veebedryf is vanjaar die internasionale interras-kampioenskap wat vir die eerste keer sedert 2019 weer in volle sterkte aangebied word, sê Lizette Vermaak, organiseerder van NAMPO ALFA se veeprogram.

Cois de Jager se Limousin-bul was die interraswenner in 2018 by die Ermelo-skou. Foto: NAMPO ALFA
Sy sê dié jaar neem kwalifiseerders van die 12 grootste skoue in Suid-Afrika deel, verteenwoordigend van die beste vleisbeestelers in die land.
Jagters kan ook op die skietbaan meer doen as bloot na gewere te kyk.
"Benewens die interras wat reeds genoem is, is die veebedryf se ander hoogtepunt die BKB kleinvee-prestasieskou waar tien verskillende kleinvee rasse, waarvan al die diere op prestasiedata gekwalifiseer het, deur hulle telers uitgestal word."

Daar is van alles te sien by NAMPO ALFA (2022).
"Dit sal die grootste samekoms van kleinvee van verskillende rasse onder een dak wees. Daar is ook die vleisbees-prestasiekampioenskappe, en die Nutri Feeds Moneymaker kwalifiseerders wat diere eer wat tydens hulle produksielewe geprestreer het. Dan is daar ook die Voermol Megaos-kompetisie wat die swaarste os in SA aanwys.
"Die Zoetis junior interras is ook 'n groot hoogtepunt waar landbouskole teen mekaar meeding met hul eie diere," deel Vermaak.

NAMPO ALFA 2022.
Hoe vanjaar sal verskil van vorige jare se ekspo
Vanjaar kan NAMPO ALFA plaasvind sonder die uitdagings wat gepaardgaan met die Covid-19-pandemie én bek-en-klouseer-uitbrake.
Vermaak sê 2022 was die moeilikste omstandighede ooit in die geskiedenis van biosekuriteit in Suid-Afrika.
‘Om hierdie jaar voort te gaan is opsigself 'n voorreg’
Oor NAMPO ALFA
NAMPO ALFA is 'n lewendehawe-, jag- en buitelewe-ekspo gefokus op die veeboer. Die veeprogram het gegroei uit die ALFA-ekspo wat in Parys in die Vrystaat aangebied was.
Dit bied 'n verskeidenheid projekte wat wetenskaplike prestasiemeting in die veebedryf ondersteun.
Jag en buitelewe is die gewildste rekreasie-aktiwiteite vir die veeboer en daarom bied die jag- en buitelewe-ekspo saam met die lewendehawe drie baie goeie redes vir elke veeboer om van 12 tot 14 Oktober in Bothaville te wees!
