On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

6de wolveiling: Bestendige mark ten spyte van gemengde woltipes

───   ELSABÉ RICHARD 07:00 Fri, 29 Sep 2023

6de wolveiling: Bestendige mark ten spyte van gemengde woltipes | News Article
Foto deur Pixabay via Pexels.

Ná 'n week se reses het die sesde veiling van die 2023/24-wolseisoen plaasgevind met 'n klein volume van net minder as 5000 bale.

Juan Venter, OVK-junior wolwaardeerder, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 0,5% vir nie-RWS en 0% vir RWS wol gedaal teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R157,70/kg en R167,66/kg, onderskeidelik gesluit.

“Op die OVK-veiling is 1 821 bale aangebied, waarvan 85,01% verkoop is.

“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R194,10/kg, is behaal vir ‘n 2 baal lot BH van 16.3 mikron, uit die skeersel van Doringkuil Trust, vanuit die Steynsburg-distrik.

“Die koper was Lampriere SA,” deel Venter.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

Die volgende wolveiling is vir 4 Oktober geskeduleer.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.