On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Provinsiale noodtoestand gevra ná Vrystaatse veldbrande

───   14:42 Mon, 02 Oct 2023

Provinsiale noodtoestand gevra ná Vrystaatse veldbrande | News Article
Duisende hektaar het in die slag gebly in veldbrande in die Vrystaat en Noordwes.

Ondersoek moet ook ingestel word na plaaslike en distriksmunisipaliteite se gereedheid om brande te bestry.

Die VF Plus vra in ’n brief aan die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, dat die provinsie tot rampgebied verklaar word om broodnodige hulp aan boere te bied ná die verwoestende veldbrande van die laaste tyd.

“Die Rampbestuurswet gee aan die premier die mandaat om ’n provinsie tot rampgebied te verklaar sodat provinsiale hulpbronne aan geaffekteerde boere beskikbaar gestel kan word,“ sê Armand Cloete, Vrystaatse LPW.

“Terwyl burgerlike organisasies reeds beplan om geaffekteerde boere met onder meer voer by te staan, is dit uiters noodsaaklik dat die provinsiale regering homself ook verbind tot bystand aan boere.”

Armand Cloete, VF Plus-lid van die Vrystaatse Wetgewer. Foto: VF Plus

Boere moet direk by provinsiale hulp baat vind. “Dit is nie genoeg om bloot voedselpakkies aan plaaswerkers uit te deel nie. Boere gaan nou op vele terreine ondersteuning nodig hê.“

Die VF Plus wil ook die Vrystaatse Wetgewer versoek om die ontstaan van die veldbrande te ondersoek. Brandstigting en die owerheid se versuim om staatsgronde te beskerm teen brande wat versprei, is van die oorsake wat ondersoek moet word, sê Cloete.

“Voedselsekuriteit kan nie net lippediens deur die ANC en die premier bly nie. Dit sal net ‘n werklikheid word as boere wat die provinsie se voedselmandjie vol hou nie net ondersteun word nie, maar ook beskerm word.”

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.