Agriculture
Mengelmoes van hitte, reën en koel weer voorspel─── ELSABÉ RICHARD 11:30 Mon, 09 Oct 2023
Die kwik het sedert begin Oktober skerp gestyg, wat daarop dui die winter is verby.
Hoë temperature het die laaste tyd dele van Sentraal-Suid-Afrika getref. Selfs die Bethlehem-omgewing in die Oos-Vrystaat, wat gewoonlik deur meer koeler weer gekenmerk word, het temperature van tot 34 °C ervaar.
Die Upington-omgewing in die Noord-Kaap het temperature van tot 40 °C en hoër gesien, met Bloemfontein wat by 35 °C gedraai het.
Reën en koeler temperature op pad – hoop vir verligting
"Van ongeveer 10 en 11 Oktober is daar 'n verandering wat begin voorkom. Die kans vir reën verbeter en temperature gaan nog redelik daal.
"Dit sal waarskynlik meer reën oor die oostelike dele van die Noord-Kaap en die Vrystaat wees, " sê Johan van den Berg, landbouweerkundige.
Rypskade
Hy sê hoewel winter nou amptelik verby is en die reën koeler weer bring, sal temperature nie so laag daal dat ryp voorkom nie.
"Dit is baie goeie nuus vir ons pekanneut-boere en druiweboere en ook die baie vroeë aanplantings van gewasse.
Daar gaan laer temperature kom maar dit lyk nie asof temperature gou weer onder 5 °C gaan daal nie.
Die veld is vol oormaat brandbare materiaal weens goeie reën oor die laaste paar jaar. Hoewel dit goed is vir weiding het uiterse hoë temperature en sterk wind gelei tot verskeie veldbrande.
Honderdduisende hektaar weiveld is in die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap vernietig wat 'n groot behoefte vir veevoer laat ontstaan.
Klik op die verskeie landbou-organisasies om skenkings te doen:
