On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Nampo Alfa: “Geleentheid om te sien waar stoet kan verbeter”

───   10:55 Thu, 05 Oct 2023

Nampo Alfa: “Geleentheid om te sien waar stoet kan verbeter” | News Article
Die Roechamastoetery buite Hertzogville se spogbul, Elevation. Foto verskaf

Roechama-stoet se bul, Elevation, is die duurste rooi Angusbul in Suid-Afrika.

“Die Interraskampioenskap is nog ’n geleentheid om jou diere ten toon te stel, met ander deelnemers te vergelyk en te sien waar mens met jou stoet kan verbeter.”

Dit is die mening van RC Malherbe van die Roechama Angusstoetery buite Hertzogville in die Vrystaat. Sy pragbul, Elevation, gaan die stoetery by die Nampo Alfa-interraskampioenskap verteenwoordig. Die bul is onlangs op die Angus Alliance-veiling in Kroonstad opgeveil en het ’n rekordprys van R260 000, die meeste nóg vir ’n rooi Angusbul in Suid-Afrika, behaal.


Elevation het op die landbouskou in Vryburg, Bloemfontein en Pietermaritzburg met die wentrofeë weggestap.

Nico Pienaar van die Mclaren-stoetery buite Bloemfontein is die nuwe eienaar. Malherbe sê Elevation sal ná die interraskampioenskap na sy nuwe tuiste gestuur word.

Malberbe is ’n derdegeslag Angusteler, ná sy oupa en sy pa. Hul Roechamastoetery het 300 stoetkoeie.

• Die Nampo Alfa-lewendehawe-, jag en buitelewe-ekspo vind van 12 tot 14 Oktober by Nampopark buite Bothaville plaas. Die hoogtepunt van die ekspo is wanneer die deelnemers aan die interraskampioenskap tydens die dinee as deel van die parade tussen die tafels deur beweeg.

Dié koeie en bulle was almal die wenners van die interraskampioenskappe by Suid-Afrika se grootste landbouskoue en verteenwoordig agt van die beste vleisbeestelers in die land.

Hulle is gekies nadat hulle as kampioene by die landbouskou in Hertzogville, Bloemskou, Vryburg, Nampo, Royal-skou in Pietermaritzburg, Thabazimbi, Ellisras, Ermelo, Noord-Gauteng, George, Moorreesburg, Parys en Standerton aangewys is.

OFM Nuus/Christine van der Westhuizen

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.