On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Departement werk hard om tekort aan eiers, hoendervleis te voorkom

───   ELSABÉ RICHARD 15:32 Mon, 09 Oct 2023

Landbounuus: Departement werk hard om tekort aan eiers, hoendervleis te voorkom | News Article
Foto deur Pixabay via Pexels.

Dis nie nodig om paniekbevange te raak en ’n voorraad eiers en ander hoenderprodukte aan te koop nie.

Die regering en pluimveebedryf werk hard om moontlike tekorte te voorkom, gedurende die komende feesseisoen. Landbou-ekonoom, Wandile Sihlobo, sê daar's voorbereidings vir die invoer van bevrugte eiers om die voorraad wat verlore gaan weens die voëlgriep-uitbreking in Suid-Afrika, weer op te bou.

Daar word berig dat verskeie kleinhandelaars die prys van eiers aansienlik aangepas het om vraag te bestuur. Sulke prys-aanpassings binne 'n kort tydperk het kommer laat ontstaan oor die moontlike impak van die huidige voëlgriep-uitbraak op voedselinflasie. Die Landbousakekamer van SA sê die huidige verhogings kan 'n tydelike knou wees vir verbruikers, wat waarskynlik sal wys op eenmaandelikse inflasiesyfers.

Die Kochbo Santas-stoetery buite Moorreesburg in die Wes-Kaap se bielie van ’n Santa Getrudis-bul gaan diep spore by die Nampo Alfa-interraskampioenskap kom trap. Dié stoetery is een van die deelnemers aan die prestige-kampioenskap, waarna slegs agt van Suid-Afrika se top vleisbeestelers genooi is. Die Santa Gertrudis-ras, oorspronklik van Texas in Amerika, het sowat 50 jaar gelede na Suid-Afrika uitgebrei. Nampo Alfa vind plaas van Donderdag tot Saterdag by Nampopark net buite Bothaville.

Intussen is van die beste paaie na Nampopark onder meer die R30, vanuit die rigting van Kroonstad en Bloemfontein. Besoekers moet egter kennis neem van padwerke en stop-en-ry-staanplekke, wat kan lei tot 'n langer rit na dié gesogte ekspo. Nampopark-bestuurder, Bennie Zaayman ...

EN

Sentraal-Suid-Afrikaners kan uitsien na reën hierdie week. Dié verwagte neerslae sal broodnodige verligting bring in dele wat deur veldbrande geraak is. Landbouweerkundige, Johan van den Berg, sê dit sal ook koeler temperature tot gevolg hê.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.