On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 12 Oct 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto deur Tetyana Kovyrina/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Woensdag met 0,57% gedaal, weens meer aanbod wat in die mark in vloei soos wat Amerika stroop.
  • Tot op 8 Oktober was daar reeds 34% van Amerika se mielie-oes gestroop. Dit is effens voor die vyf-jaar gemiddelde tendens.
  • Die binnelandse mieliekontrakte het Woensdag met algemene opwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in Oktober met R21/ton (+0,52%) geklim en teen R4 057/ton gesluit. 
  • Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Oktober 2023 met R24/ton (+0,62%) geklim en teen R3 898/ton gesluit.

Sojabone:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het sedert Woensdag met 0,57% geklim.
  • Op 8 Oktober het Amerika reeds 43% van hierdie jaar se sojaboonoes gestroop, dit is vinniger as die vyf-jaar gemiddelde strooptempo. Hulle het in een week 20% van die oes gestroop.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Woensdag met afwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2023 met R91/ton (-1,00%) gedaal en teen R9 031/ton gesluit. 
  • Die Maart 2024-kontrak het met R140/ton gedaal en teen R8 940/ton.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Woensdag met 2,48% afwaarts verhandel.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Woensdag met afwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike koringmark het vir lewering in Oktober 2023 onveranderd verhandel en teen R6 193/ton gesluit. 
  • Die Desember 2023-kontrak het met R56/ton (-0,90%) gedaal en gesluit teen R6 134/ton. 

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.

OFM Nuus


 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.