On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

9de wolveiling van 2023/24-seisoen het plaasgevind

───   ELSABÉ RICHARD 14:23 Thu, 19 Oct 2023

9de wolveiling van 2023/24-seisoen het plaasgevind | News Article
Foto deur OVK/Facebook.

“Op die OVK-veiling is 1 623 bale aangebied, waarvan 96,49% verkoop is."

Die negende veiling van die 2023/24-wolseisoen het vandeesweek plaasgevind met 'n aanbod van net meer as 7 600 bale.

Juan Venter, OVK-junior wolwaardeerder, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 0,7% vir nie-RWS en 0,5% vir RWS wol gedaal teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R149,07/kg en R164,51/kg onderskeidelik gesluit.

“Op die OVK-veiling is 1 623 bale aangebied, waarvan 96,49% verkoop is.

“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R200/kg (skoonprys R252.78/kg), is behaal vir ‘n 1 baal lot BFH van 15.8 mikron, uit die skeersel vanuit Omega Boerdery, vanuit die Burgersdorp-distrik.

“Die koper was Standard Wools SA,” deel Venter.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

Die volgende wolveiling is vir 25 Oktober geskeduleer waar sowat 5 797 bale aangebied sal word.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.