Agriculture
Wat is nuut in Farmer's Weekly?─── ELSABÉ RICHARD 14:30 Fri, 27 Oct 2023

Richard York, uitvoerende hoof van WRSA, sê alle aanduidings toon dat daar oor die volgende twee jaar ’n tekort aan wild in die mark gaan wees weens verskeie faktore.
Suid-Afrika se dreigende wildtekort laat pryse die hoogte inskiet.
Wildboere is die afgelope paar jaar deur verskeie uitdagings in die gesig gestaar, soos byvoorbeed die verskerpte fokus op die teel van diere met kleurvariasies wat gelei het tot laer pryse.
Farmer's Weekly se Sindira Chetty sê Wildlife Ranching South Africa (WRSA) het onlangs sy jaarlikse liefdadigheidsveiling en gala-funksie gehou, waar gemsbokke vir soveel as R30 000 rand verkoop is.
Richard York, uitvoerende hoof van WRSA, sê alle aanduidings toon dat daar oor die volgende twee jaar ’n tekort aan wild in die mark gaan wees weens verskeie faktore.
Landbougrond
Nog ’n artikel fokus op die nuwe Wetsontwerp op die Bewaring en Ontwikkeling van Landbougrond.
Die Portefeuljekomitee oor Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het in Oktober openbare verhore in die Parlement oor die wetsontwerp afgesluit.
Dit het ten doel om ’n regulatoriese raamwerk vir volhoubare landbou-ontwikkeling te verskaf en bevorder ’n gebalanseerde benadering tot die gebruik van landbougrond in Suid-Afrika.
In ’n voorlegging aan die Portefeuljekomitee in Februarie het die Departement van Landbou erken dat die huidige raamwerke wat die ontwikkeling van landbougrond beheer, ondoeltreffend is om grond vir die doeleindes van voedselproduksie te beskerm.
Dit het ook nie aan die grondwetlike vereistes voldoen nie, vandaar die nuwe wetsontwerp.
Klimaatsverandering
’n Verslag wat deur die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies gepubliseer is, getiteld 'The Impact of Disasters on Agriculture and Food Security', toon dat natuurrampe gaan vererger.
Suid-Afrika het die uitwerking van natuurrampe op voedselproduksie en boere se lewensbestaan gesien. Hierdie jaar alleen het vloede, sterk winde en veldbrande verwoesting op plase gesaai.
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het geraam dat die impak van skade aan produsente sowel as infrastruktuur van die vloede in September tussen R400 miljoen en R500 miljoen kan wees.
Infrastruktuurskade is aangemeld op kragnetwerke, netstrukture, geboue, masjinerie, besproeiingstelsels, toerusting, besproeiingskanale, asook paaie en brûe wat weggespoel het.
Verdere kommer is die impak wat sulke rampe in die toekoms op die bedryf het.
Anton Rabe, uitvoerende direkteur van Hortgrow, sê oorstromings het gelei tot bogrondverliese wat jare sou neem om terug te bou.
Wêreldwye rampgebeure het die afgelope 20 jaar van 100 per jaar in die 1970's tot ongeveer 400 per jaar wêreldwyd toegeneem.