Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── 16:52 Mon, 30 Oct 2023
Foto deur Donald Martinez/Pexels.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Maandag met 0,13% geklim.
- Die binnelandse mieliekontrakte het Maandag met effense afwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in November 2023 het met R36/ton (-0,90%) gedaal en teen R3 970/ton gesluit.
- Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in November 2023 met R35/ton (-0,91%) gedaal en teen R3 792/ton gesluit.
Sojabone:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het sedert Vrydag met 0,70% geklim.
- Die res van die sojaboonkompleks het ook gestyg met Desember sojameelpryse wat hoër as 2,75% verhandel het, terwyl die soja-olie-kontrakte net meer as 1% hoër verhandel het.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Maandag met opwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in November 2023 met R80/ton (+0,86%) geklim en teen R9 410/ton gesluit.
- Die Maart 2024-kontrak het met R8/ton geklim en teen R9 347/ton.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Maandag met 1,23% opwaarts verhandel.
- Die Europese Kommissie het hul voorspelling vir die 2023/24 uitvoer van sagte koring tot 30,99 miljoen ton verlaag. Dit is weens sterk mededinging van goedkoop Russiese koring.
- Daarmee saam is die uitvoer van EU-koring ook jaar-op-jaar 22% laer.
- Die binnelandse koringkontrakte het Maandag met afwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in November 2023 onveranderd verhandel en teen R6 056/ton gesluit.
- Die Desember 2023-kontrak het met R90/ton (-1,49%) gedaal en gesluit teen R5 970/ton.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
