Agriculture
Vandeesweek se koue weer in Vrystaat laas in 1970 gesien─── ELSABÉ RICHARD 14:58 Wed, 01 Nov 2023
Die oostelike dele van die land het die afgelope dae van die koudste weer tot nog toe vanjaar ervaar.
Die maksimum dagtemperatuue het Maandag in Bethlehem net 5 °C bereik. In sommige dele van Sentraal-Suid-Afrika het selfs sneeu voorgekom.
Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, deel dat ’n soortgelyke voorval in 1970 plaasgevind het toe dit ook laat in Oktober en selfs vroeg in Desember gesneeu het oor dele van die Oos-Vrystaat en KwaZulu-Natal.
El Niño
Die El Niño-verskynsel is steeds aan die ontwikkel en hoewel dit nie meer so sterk gaan ontwikkel soos aanvanklik voorspel is nie, lyk dit tog sterk genoeg om ’n negatiewe invloed op reënval te hê.
Van den Berg sê die Indiese Oseaan is ongunstig en die see-oppervlaktemperatuur is warmer teen die Ooskus van Afrika met baie reën in Tanzanië en ander aangrensende lande, met droër toestande verder suidwaarts.
“Op kort termyn is daar weer so bietjie reën hier in die eerste week of so van November en dan ook hier later in November maar oor die algemeen lyk toestande vir goeie reën binnekort nie baie goed nie.
“Dit is swakker as wat ons gedink het. Ons voorspellings het aangedui dat September/Oktober meer reën behoort te kry, wat nie die geval is nie.”
OFM Nuus/Elsabé Richard-May Daphné/Corné

