On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   08:16 Fri, 10 Nov 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto deur Donald Martinez/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Donderdag met 1,62% gestyg.
  • Die binnelandse mieliekontrakte het Donderdag met gemengde tendense verhandel. 
  • Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in November 2023 het met R7/ton (-0,18%) gedaal en teen R3 883/ton gesluit. 
  • Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in November 2023 met R17/ton (+0,46%) geklim en teen R3 675/ton gesluit.
  • Woensdagmiddag was die vrystelling van die SAGIS-produsente lewerings vir die week. 
  • Die progressiewe totale witmielies het tot 7,77 miljoen ton gelewer gestyg. Die geelmielies se progressiewe totaal beloop 6 508 265 (YM1), 177 581 ton (YM2) en 3 320 ton (YM1), wat die progressiewe totale geelmielies op 6,69 miljoen ton te staan bring en die totale mielielewerings op 14,47 miljoen ton.

Sojabone:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het sedert Donderdag met 0,03% geklim.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Donderdag met effense opwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in November 2023 met R19/ton (+0,20%) geklim en teen R9 310/ton gesluit. 
  • Die Maart 2024-kontrak het met R8/ton geklim en teen R9 350/ton.
  • Vir die 36ste week van lewerings het SAGIS aangekondig dat 2 450 ton sojabone gelewer is, wat die totale sojaboon wat gelewer is op 'n totaal van 2,69 miljoen ton te staan bring.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Donderdag met 3,86% sterker verhandel.
  • Koring het die beduidendste styging in vergelyking met mielies en sojabone ervaar, as gevolg van kommer oor produksie in die Suidelike Halfrond wat deur El Niño-toestande veroorsaak is.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Donderdag met sterk opwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike nabymaand koringkontrak vir lewering in November 2023 met R65/ton (+1,11%) hoër verhandel en teen R5 946/ton gesluit. 
  • Die Desember 2023-kontrak het met R50/ton (+0,85%) geklim en gesluit teen R5 960/ton.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.

OFM Nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.