Agriculture
Produsente moet loonopgawes van 2022 by Vergoedingsfonds verklaar─── ELSABÉ RICHARD 09:03 Tue, 14 Nov 2023

Tans is daar 866 000 besighede geregistreer by die Vergoedingsfonds, 30 800 is produsente en 25 000 van dié produsente verklaar ongelukkig nie loonopgawes nie.
’n Kennisgewing is op 9 November 2023 in die Staatskoerant gepubliseer deur die Vergoedingsfonds wat besighede finaal in kennis stel om hulle loonopgawe vir 2022 te verklaar.
Wanneer moet lone oorspronklik verklaar word deur produsente en enige ander besighede in terme van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes?
Jaarliks teen Maart of wanneer dit afgekondig word deur die Vergoedingsfonds.
Met wie praat die kennisgewing spesifiek?
Slegs met besighede wat nie hulle lone in 2023 verklaar het nie. Hulle het kans tot 30 November 2023. Tans is daar 880 000 besighede geregistreer met die Vergoedingsfonds, 30 800 is produsente en 25 000 van dié produsente verklaar ongelukkig nie loonopgawes nie.
Wat is die rede dat so baie produsente nie hulle lone verklaar nie?
Verskeie redes:
- Die produsent boer nie meer nie en weet nie wat die proses is om sy boerdery te deregistreer nie. Hy weet wel dat hy agterstallig is om lone te verklaar maar vir een of rede doen hy dit nie.
Wat is die gevolge vir daardie produsente wat nog nie hulle lone verklaar het nie?
Wat die kennisgewing ook bevestig is dat die Vergoedingsfonds self 'n vooruitskatting van die lone kan doen deur te kyk wat die vorige jaar se lone was en om 10% by te voeg.
Dit kan dan beteken dat die rekening in meeste gevalle te hoog sal wees aangesien die fonds nie sal weet of die lone van die boerdery dieselfde gebly het of verminder het nie. 'n Boete sal ook gehef word.
Dit is soveel belangriker die jaar om die lone tot op datum te verklaar en die rekening te betaal want met die intrede van die nuwe wysigingswet in 2024, gaan boetes astronomies wees waar loonopgawes nie op datum is nie.
Wat stel jy voor moet 'n produsent onmiddellik doen as sy lone nie tot op datum verklaar is nie?
Die produsent moet dan 'n afskrif van die laaste rekening en staat verkry vanaf die Vergoedingsfonds om te bepaal wanneer die laaste lone verklaar was en wat die bedrag was. Om die voorgeskrewe vorms te voltooi en die lone aanlyn te verklaar, en dan die rekening ten volle te betaal of aansoek te doen vir 'n betalingsooreenkoms.
Produsente moet ook besef dat die fonds stawende dokumente soos finansiële verslae en salarisverslae mag aanvra om te bevestig dat die lone wel uitbetaal was soos verklaar.