On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Bees- en Skaapboer van die Jaar: Wenners verheug, dankbaar vir erkenning

───   ELSABÉ RICHARD 14:00 Thu, 16 Nov 2023

Bees- en Skaapboer van die Jaar: Wenners verheug, dankbaar vir erkenning | News Article
Wenners Wikus Bekker en Jason Carroll tydens ’n fotosessie by die geleentheid in Bloemfontein. Foto: Facebook/Wikus Bekker

“Dit is lekker om erkenning te kry. Ek voel baie spesiaal. Baie verras.”

Die passie wat Suid-Afrikaanse boere vir die landbousektor het, is werklik ongeëwenaard. Die tyd en energie wat hulle daagliks in hul stoeterye of graangewasse sit, is veral duidelik by kompetisies soos die Voermol se Nasionale Bees- en Skaapboer van die Jaar.

Wikus Bekker, ’n Dohne Merino-boer van die Edenburg-distrik in die Vrystaat, het weggestap as die wenner in die skaap-afdeling tydens die glansgeleentheid by die Windmill Casino in Bloemfontein.

Nasionale Skaapboer van die Jaar, Wikus Bekker.

“Dit is lekker om erkenning te kry. Ek voel baie spesiaal. Baie verras. Ek dink die beoordeelaars het ’n baie moeilike taak gehad. Hulle het van die finansies tot die personeel bestuur, tot die grondbewaring, tot die teling [en] die omgewingsbewaring [beoordeel]. Dis ’n baie wye kriteria,” verduidelik Bekker.

Wikus Bekker, ’n Dohne Merino-boer in die Vrystaat, staan vierde van links af tydens ’n fotosessie.

In die bees-kategorie is Jason Carroll aangewys as wenner. Dié Wes-Kaapse boer uit die Franschhoek-streek, boer met Swart Angus-beeste. 

Jason Carroll van Boschendal Black Angus. Foto: Facebook

"Ek kan aan verskeie ander boere dink wat dit ’n bietjie meer verdien as ek, die ouens wat vanaand teen my meegeding het ook. 

"[Dit is ’n] ongelooflike voorreg om raakgesien te word omdat jy anders is. Dit is regtig goed. Dit maak my hart bly," het Carrol tydens ’n onderhoud met OFM se Pieter Moller ná die toekennings gesê.

Boschendal is bekend vir sy wyne, maar die beeste is ’n groot deel van die storie van die plaas. “Die wyne wat op die plaas verbou word, word op die plaas verkoop, op die plaas gebottel. Dieselfde met die beesvleis en die skape en al die vee,” sê Carroll.

Jason Carroll van Boschendal Black Angus staan derde van links tydens ’n fotosessie.

OFM Nuus/Elsabé Richard-May



@ 2023 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.