Agriculture
Wolmark lewer positiewe resultate ná opwaartse neiging─── ELSABÉ RICHARD 15:36 Fri, 17 Nov 2023
Die mark het vandeesweek positiewe resultate gelewer, wat die opwaartse neiging in die Australiese mark gevolg het, ondanks die feit dat hy te kampe het met die sterker rand.
Die 13de veiling van die 2023/24-wolseisoen het vandeesweek plaasgevind met 9 884 bale.
Cape Wools SA sê die meerderheid van die aanbod het bestaan uit fyn mikron, langer lengte wol, met gesertifiseerde volhoubare wol wat 50,9% uitmaak van die merinowol wat aangebied is.
Die mark het vandeesweek positiewe resultate gelewer, wat die opwaartse neiging in die Australiese mark gevolg het, ondanks die feit dat hy te kampe het met die sterker rand.
Juan Venter, OVK-junior wolwaardeerder, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 2,1% vir nie-RWS en 1,9% vir RWS wol gestyg teenoor die vorige veiling en op 'n skoonprys van R147,08/kg en R165,06/kg onderskeidelik gesluit.
“Op die OVK-veiling is 2 117 bale aangebied waarvan 96,46% verkoop is.
“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R170,80/kg (skoonprys: R232.31/kg), is behaal vir ‘n 1 baal lot BH van 15.8 mikron uit die skeersel van T Barry Boerdery van die Heidelberg-distrik. Die koper was Standard Wools SA,” sê Venter.
Kontak OVK om jou by te staan in die RWS-sertifiseringsproses. Die volgende wolveiling is vir 21 November geskeduleer waar sowat 10 504 bale aangebied sal word.