Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── 08:09 Thu, 23 Nov 2023

Foto deur Roger Brown/Pexels.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Woensdag met 0,13% gestyg.
- Die binnelandse mieliekontrakte het Woensdag met gemengde tendense verhandel.
- Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in November 2023 het met R34/ton (-0,80%) gedaal en teen R4 164/ton gesluit.
- Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in November 2023 met R3/ton (+0,08%) geklim en teen R3 942/ton gesluit.
- In die huidige markte verhandel die witmieliekontrakte sterkter as geelmieliekontrakte. Dit word meegebring soos wat die witmielie-uitvoerprogram spoed op tel.
- Die nabymaand kontrakprys van witmielies het effens laer verhandel, maar steeds met 'n R259/ton verskil van geelmielies se nabymaand kontrakprys.
Sojabone:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het sedert Woensdag met 0,73% geklim.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Woensdag met sterk opwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in November 2023 met R171/ton (+1,83%) geklim en teen R9 501/ton gesluit.
- Die Maart 2024-kontrak het met R147/ton geklim en teen R9 470/ton gesluit.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Woensdag met 2,13% sterkter verhandel.
- Die binnelandse koringkontrakte het Woensdag met opwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike nabymaand koringkontrak vir lewering in November 2023 het met R28/ton (+0,48%) hoër verhandel en teen R5 900/ton gesluit.
- Die Desember 2023-kontrak het met R18/ton (+0,31%) geklim en gesluit teen R5 908/ton.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.