Agriculture
Wysigings aan Waterwet kan landbou raak─── ELSABÉ RICHARD 15:30 Tue, 28 Nov 2023

Openbare kommentaar oor voorgestelde wysigings aan die Nasionale Waterwet en Waterdienstewet moet ingedien word teen 17 Januarie.
Water is ‘n kosbare natuurlike hulpbron wat broodnodig is vir die produksie van voedsel.
Die Departement van Water en Sanitasie het onlangs twee wysigingswetsontwerpe gepubliseer wat insluit die Nasionale Waterwysigingswetsontwerp vir openbare kommentaar.
Die wysigings, wat belangrike aspekte soos die oordrag van waterregte bevat, kan aansienlike gevolge inhou vir die landbousektor veral as dit aanvaar word soos voorgestel, sê Johann Kotzé, Agri SA se hoof- uitvoerende direkteur.
Hy sê dis 'n belangrike wet oor waterregte en kan ruimskoots daartoe bydra dat die land se waterbronne volhoubaar en regverdig gebruik word.
Kotzé sê veral besproeiingboere kan hierdeur geraak word. "Die voorgestelde wetgewing het ten doel om die Nasionale Waterwet (36 van 1998) en die Wet op Waterdienste (107 van 1998) te wysig.
"Die Nasionale Waterwet is ontwerp om te verseker dat die land se waterbronne beskerm, gebruik, ontwikkel, bewaar, bestuur en beheer word soos daarin voorgeskryf."
Luister na die onderstaande PODCAST om meer oor dié wysigings te leer:
Finale kommentaar moet teen 17 Januarie ingedien word.
OFM Nuus/Elsabé Richard-May Daphné