Agriculture
Boer meer presies met AgTech@NWK en hommeltuie─── 14:33 Wed, 13 Dec 2023
Sponsored14:33 Wed, 13 Dec 2023
NWK bly aan die voorpunt van innovasie en tegnologiese vooruitgang met hommeltuie (drones) wat deel van AgTech@NWK se produkreeks vorm.
NWK het onlangs sy hommeltuig aanbod uitgebrei en OFM se inhoudbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, het met verteenwoordigers van AgTech@NWK gesels om meer uit te vind. Luister hier:
Suid-Afrika se oudste landboumaatskappy het ’n behoefte by sy klante geïdentifiseer om variërende toedienings van verskeie produkte meer bekostigbaar en akkuraat te maak, en daarom op die DJI Agras-reeks besluit, wat die Agras T-reeks hommeltuie asook die Mavic 3 multispektrum hommeltuie insluit.
Met stygende insetkostes en die druk om meer doeltreffend en produktief te boer, vergemaklik hommeltuie presisietoedienings teen 'n billike prys. NWK glo ook dat tegnologie altyd deel van landbou gaan wees en boere meer op presisieboerdery gaan fokus om elke kol in ’n land apart te bestuur. Die DJI Agras hommeltuie maak ligte werk van dié variasie.
’n Produk wat tot jou behoeftes spreek
Die T40 is tans die hommeltuig wat die meeste aandag geniet. Dit kom kompleet met 'n 40 liter spuittenk en opsioneel met 'n 50 liter strooitenk. Die 40 liter spuittenk kan tipies 2 ha spuit en kan realisties 12-15 ha per uur met een hommeltuig spuit. Die spoed en hoogte waarteen die hommeltuig 'n produk spuit, bepaal grootliks die hoeveelheid hektaar wat per uur gedek kan word.
Die hommeltuig word saam met drie batterye verskaf wat elk vir 1 000 siklusse gewaarborg word. Daar is tans twee opsies vir die herlaai van batterye. Een pakket sluit die vinnige herlaaier in wat 'n battery binne 10 tot12 minute vol laai. Wat in gedagte gehou moet word, is dat dié herlaaier redelik baie krag vir 'n kort tydjie gebruik en die geskikte kragopwekker moet dus saam gebruik word.
In die tweede pakket word die vinnige herlaaier met DJI se D12000i kragopwekker vervang. Die batterye word sommer direk by die kragopwekker, wat spesifiek vir dié doel gemaak is, ingeprop en dit verminder herlaaityd aansienklik. Die werk word gevolglik vinniger voltooi.
AgTech@NWK – jou eenstop-hommeltuigspesialis
NWK is 'n geregistreerde DJI sub-handelaar, wat beteken dat hulle enige verkope, herstelwerk, dienste of onderdele vir die Agras hommeltuie kan verskaf.
NWK het ook 'n DJI Mavic 3 Multispektrum hommeltuig waarmee waarnemings gemaak kan word. Hierdie waarnemings word dan gebruik om 'n reeks beelde te genereer, onder andere NDVI-beelde. Hierdie beelde kan dan weer gebruik word om probleemareas uit te sonder en individueel te behandel.
Iets waaroor AgTech@NWK baie opgewonde is, is dat hulle nou ook kontoere vir die produsente kan uitmeet deur die Mavic saam met RTK in te span.
Wat is die grootste beperkende faktor vir hommeltuigtoedienings?
Die weer, meer spesifiek, die wind. Dit is uiters belangrik dat daar na die dag se weerstoestande gekyk word voordat enige verdere beplanning gedoen word. AgTech@NWK beveel aan dat geen vliegwerk gedoen word wanneer die windspoed sterker as 19 km/h waai nie.
Verder is dit ook belangrik dat faktore, soos relatiewe humiditeit en temperatuur wat die werking van die chemie beïnvloed, in ag geneem word.
Wat gebeur as die hommeltuig val en skade opdoen?
Die heel beste sal wees om AgTech@nwk te kontak, sodat hulle spesialiste so gou as moontlik kan uitkom. Dit is baie belangrik dat die hommeltuig netso gelos word en glad nie weer aangeskakel word nie. AgTech@NWK se kenners sal met hul aankoms op die toneel die nodige prosedures volg.
Sodra hulle die hommeltuig in hul werkswinkel het, sal hulle die nodige rekords oplaai en die skadebepaling doen. Die rekords sal dan kan aandui of dit 'n hommeltuig- of operateursfout was.
In die geval waar ’n hommeltuig foutief was, sal hulle die nodige dokumentasie hanteer ten einde te kan bepaal of dit onder waarborg herstel kan word.
Wat is die proses wat 'n produsent moet volg om een aan te skaf?
Die aankoop van hommeltuie is baie eenvoudig. NWK het betalings- en finansieringsopsies beskikbaar. Klante kan by Agtech@NWK navraag doen deur hulle te skakel by 018 633 1143 of 'n e-pos te stuur na agtech@nwk.co.za
