On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Saamstaan nou nodig – Graan SA

───   ELZETTE BOUCHER 18:51 Tue, 12 Dec 2023

Saamstaan nou nodig – Graan SA | News Article
Dr Dirk Strydom (FOTO: Graan SA)

“Dit gaan nie oor ’n individu nie, maar oor die kollektief en hoe die kollektief saamwerk om die produsent te ondersteun.”

Dr. Dirk Strydom, hoof van bemarking by Graan SA, gee ’n terugskou oor 2023.

“As mens terug kyk, het insetkoste redelike wipplank gery – aanvanklik baie hoog en het toe weer afgekom. Ons moes baie werk hieraan doen.”

Die sojaboonbedryf was nog ‘n uitdaging met meer soja wat geproduseer is. “Gelukkig het ons vroegtydig, so ver as vier jaar terug, al beplan vir die scenario en kon ons uitvoer aan die gang kry.” Nagenoeg 600 000 ton sojabone is uitgevoer en produsente kon weer begin lewer.  

Veranderende klimaatstoestande was ook ’n probleem. “Eers was dit baie nat toestande en nou sit ons weer met droogte toestande. ’n Mens kan nooit verveeld wees in landbou nie.”

“Ons moet altyd ons vinger op die pols hou, altyd seker maak dat ons die nodige beïnvloeding as ’n kollektief kan hê. Die nuwe handelsmerk wat ons gevestig het wat sê dat ons nie sonder die produsente kan klaakom nie. Ons moet saamwerk as ’n geheel om seker te maak dat produsente volhoubaar is.”

Luister na die volledige gesprek onder:

OFM Agri   dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.