Agriculture
Geopolitiek, kragkrisis uitdagings wat nie wyk─── 05:00 Mon, 18 Dec 2023
Die wêreld se ekonomiese omstandighede het in 2023 ’n beduidende invloed op landbousake in Suid-Afrika gehad.
Pioneer Seed South Africa se verkoopsbestuurder, Jaco Snyman, meen die oorlog in die Midde-Ooste, asook tussen Rusland en Oekraïne is belangrik drywers wat ons markte beinvloed het.
OFM se Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Krüger, het met hom gepraat.
Nader aan die huis was die elektrisiteitskrisis 'n doring in die vlees wat menige produsente nadelig beïnvloed het.
“Hoewel daar die afgelope seisoen 'n mate van verligting van insetkoste was, word boere steeds met vele uitdagings en verhoogde risiko gekonfronteer. Dit bly belangrik vir ons by Pioneer om saam met ons kliënte en produsente oplossings te vind vir die pad vorentoe.”
Snyman sê egter 2023 het ook verskeie suksesse ingehou. “Een van die groot suksesverhale is natuurlik ons nuwe stronkboorder bestaande kultivars wat presteer het, en dan natuurlik ons sterk agronomiese span en deskundiges wat konstante tegniese ondersteuning aan ons kliënte bied.”
