On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbou moes in 2023 baie planne maak

───   05:00 Tue, 19 Dec 2023

Landbou moes in 2023 baie planne maak | News Article
Getty Images

“ ’n Mens besef nie altyd waardeur ’n boer moet gaan om dit wat hy produseer by ’n volgende plek te kry nie. Daar is ongelooflik baie uitdagings.”

AgriSeker  se besturende direkteur, Reinhard Kuschke, sê waarmee hul kliënte veral vanjaar te doen gehad het, was probleme met infrastruktuur.

Kuschke meen in die makro-ekonomiese omgewing het dinge ook meer negatief begin raak en dit het ook gewys in hoe plaaslike produsente se kontantvloei ook onder druk begin kom het. Veral in die besproeiingsgebiede was beurtkrag ook ’n probleem.

“Dit was maar soos Forrest Gump sê ’n sjokoladeboks wat ons geëet het en die jaar het sy verrassings gehad om elke hoek en draai.”

Kuschke sê die boerderyomgewing se veerkragtigheid is iets waaroor boekdele geskryf kan word. “Daar’s een groot waarheid en dis ons boere self. Hierdie mense is net ongelooflik met wie ons werk. Hoe hulle met al hierdie omstandighede kan bly fokus en die regte besluite te kan neem.”

Vir 2024 verwag Kuschke dat hoewel ons weer in ’n droeër siklus is, dat landbou se planmakers weer na vore sal tree om sukses te behaal.

OFM Agri


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.