Agriculture
Hondsdolheid: Feestydwaarskuwing uitgereik─── 12:09 Mon, 18 Dec 2023
Hondsdolheid kan van besmette diere na mense versprei.
Die Department van Landbou waarsku inwoners en vakansiegangers teen hondsdolheid in hoërisikogebiede tydens die feestyd.
Hondsdolheid is veral algemeen in Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, asook die grens tussen die Vrystaat en Lesotho. Reggie Ngcobo, woordvoerder van die department, het die kusgebiede van Kwa-Zulu Natal en die Oos-Kaap as besonder hoërisikogebiede vir hondsdolheid uitgelig.
Hondsdolheid is ’n soönotiese siekte wat beteken dat dit van besmette diere na mense kan versprei. Die hondsdolheidvirus word deur speeksel van ’n besmette dier oorgedra wanneer dit ’n persoon lek, byt of krap. Vermy dus hantering en huisvesting van diere wat jy nie ken nie, en meld rondloperdiere by die Dierebeskermingsvereniging of dierewelsynsorganisasies aan.
Indien daar vermoed word dat jy of ’n familielid blootgestel is aan hondsdolheid, is dit uiters belangrik om die wond onder lopende water met baie seep skoon te was en dadelik voorkomende mediese behandeling te kry.
