On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

LUISTER: Jongste graanmarkverslag deur Johnny van der Merwe

───   05:00 Wed, 17 Jan 2024

LUISTER: Jongste graanmarkverslag deur Johnny van der Merwe | News Article
Foto: Getty Images

Graanpryse het onlangs weer begin styg, hoofsaaklik weens die aansienlike verswakking van die rand.

’n Ekonoom verbonde aan die Noordwes-Universiteit, asook die uitvoerende direkteur van AMT, Johnny van der Merwe, meen daar was verlede week baie druk op die meeste pryse.

“Die jongste witmielieprys verhandel nou teen R3 848, terwyl die Julie-witmielieprys gestyg het tot R3 740. Die geelmieliespotprys styg tot R3 649, terwyl die Julieprys ook ondersteuning gekry het Dinsdag tot R3 656 rand per ton. Die sojaspotprys styg ook bietjie tot R8 511 per ton en die sonneblomspotprys tot R8 540 per ton.”

Amerika se landboudepartement het verlede week ook ’n verslag uitgereik wat nie nuus vir graanpryse ingehou het nie.

“Eindvoorrade is opwaarts aangepas weens beter as verwagte opbrengste in Amerika wat baie druk op mielie- en sojapryse wêreldwyd geplaas het. Vraag is egter nie te sleg nie, maar gaan dit sukkel om die hoër voorrade te absorbeer wat pryse dus vir langer kan laag hou.”

Luister na die volledige verslag hier:

Kry die jongste kommoditeitspryse hier.

OFM Agri

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.