On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Winteroes moontlik beter as verwag

───   05:00 Mon, 22 Jan 2024

Winteroes moontlik beter as verwag | News Article
Foto: Getty Images

Die data wat einde Desember deur die Oesskattingskomitee uitgereik is, skets ’n positiewe prentjie van Suid-Afrika se winteroes.

Agbiz se hoofekonoom, Wandile Sihlobo, verduidelik volgens die vyfde produksieskatting vir die 2023/24-seisoen, is die koringoesskatting onveranderd gehou vanaf die vorige maand, op 2,15 miljoen ton.

“Dit is 2% hoër as die vorige seisoen se oes. Die enigste bekommernis wat sommige produsente gehad het, was die oesgehalte ná swaar reën vroeër in die seisoen. Tog het ons tot dusver nie baie klagtes gehoor nie.”

Die volgende provinsies het tot die goeie nasionale koringoesvoorspelling bygedre: die Wes-Kaap (53% van die algehele oes), Noord-Kaap, Vrystaat en Limpopo.

“Weliswaar, terwyl die Noord-Kaap en die Vrystaat steeds onder die voorste koringprodusente is, is hul verwagte oes minder as die 2022/23-seisoen. Die verwagte groot oes in die Wes-Kaap en Limpopo oorskadu die afname in oes in ander provinsies. Daar is ook waarskynlik ordentlike koringoeste in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en Noordwes.”

Die oes van hierdie gewas is byna voltooi. Boere het in die eerste week van Januarie 2024, 1,7 miljoen ton koring aan die kommersiële silo's gelewer. Die res van die aflewerings sal waarskynlik in die komende weke volg. Die aflewerings van ander wintergewasse is ook byna voltooi.

Die verwagte winterkoringoes van 2,15 miljoen ton is ver bo die 10-jaar gemiddelde oes van 1,80 miljoen.

Verder was die 2023/24 kanola-oes onveranderd vanaf November-skattings en staan dit op 'n rekord van 237 450 ton (13% hoër op 'n jaargrondslag). Die jaarlikse toename is ook te danke aan verhoogde aanplantings en verwagte beter opbrengste.

Hierdie artikel het oorspronklik op Agricultural Economics Today verskyn. dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.