On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agriculture

Beesvleispryse sal na verwagting vanjaar nie onder R30/kg daal

───   06:57 Wed, 31 Jan 2024

Beesvleispryse sal na verwagting vanjaar nie onder R30/kg daal | News Article
Foto: Getty Images

Beesvleispryse van onder R30 per kilogram word nie vir 2024 verwag nie.

Johnny van der Merwe, landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit, het die afgelope paar jaar ’n prysontleding van beesvleis gedoen.

“Ek het na die prysbewegings vanaf 2020 tot op hede gekyk en indekspryse saamgestel.”

Speenkalfpryse het sedert 2020 redelik hoog gebly, veral in Februarie van elk jaar, terwyl die A2/3-pryse eers vanaf Maart begin opwaarts beweeg het. Gewoonlik het speenkalfpryse ’n laagtepunt in Junie van elk jaar bereik.

Beesvleispryse gaan vanjaar nie onder R30/kg daal nie. Foto: Mark Stebnick, Pexels

“As ons egter na die pryse vanaf 2010 tot 2019 kyk, ’n droër tydperk in die Suid-Afrikaanse landboubedryf, het die A2/3-pryse ’n soortgelyke tendens getoon as die afgelope drie jaar.”

Die speenkalfpryse het egter gemiddeld gedaal vanaf Januarie tot in Februarie en tot in Maart, en het dan gewoonlik vanaf Maart tot Junie op ’n laer vlak gebly.

Met die huidige oorvloedige aanbod in die mark en moontlike terugkeer na droër weersomstandighede, is daar ’n moontlikheid dat ons hierdie tendens weer gaan sien, soos van 2010 tot 2019.

“Ek glo egter nie dat ons noodwendig pryse onder die R30-vlak  gaan sien hierdie jaar nie.”

Luister na die volledige ontleding onder:

OFM Agri dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.