On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Gee aandag aan hittestres voordat dit te laat is

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Thu, 08 Feb 2024

Gee aandag aan hittestres voordat dit te laat is | News Article
Boere moet vandeesmaand voorsorg tref om hittestres te voorkom Foto: Getty Images

“Hittestres veroorsaak ’n ontwrigting in die normale beheer van liggaamstemperatuur van diere.”

Die El Niño-verskynsel wat ons ervaar, bring die gevaar van hoë temperature en die moontlikheid van voortdurende hittegolwe.

Johan van den Berg, ’n onafhanklike weerkundige, voorspel dat ons tot einde Februarie hoë temperature in Sentraal-Suid-Afrika kan verwag.


Dr. Jean Rust, senior navorser by die Dohne-navorsingsentrum in Stutterheim in die Oos-kaap, waarsku teen die ontwikkeling van hittestres onder diere, en die ernstige gevolge wat dit vir hul gesondheid kan inhou.

Hittestres, ’n toestand waarin diere aan hoë omgewingstemperature blootgestel word, bring verskeie risiko's mee vir hul gesondheid en welstand. Rust beklemtoon dat die negatiewe gevolge van hittestres waargeneem word in alle diere, met sommige wat beter weerstand daarteen het as ander.

Een van die mees direkte uitdagings wat diere ervaar, is die gevaar van hittestresverwante siektes en sterftes. Hittestres veroorsaak ’n ontwrigting in die normale beheer van liggaamstemperatuur van diere, wat lei tot uitputting, dehidrasie, en in erge gevalle, orgaanversaking.

Maatreëls om die impak van hittestres te verminder:

  • Verseker voldoende skaduwee
  • Genoeg water 
  • Verminder hantering tydens hoë temperature

Nog ’n aspek wat deur Rust uitgelig is, is die belangrikheid van genetiese keuring in die teel van hittebestande diere. Deur te fokus op diere met ’n hoër vermoë om hul liggaamstemperatuur te reguleer, kan boere kuddes ontwikkel wat beter toegerus is om die uitdagings van hittestres te hanteer.

Verdere navorsing en bewusmaking oor die impak van hittestres is noodsaaklik om die welstand en produktiwiteit van diere te bevorder.


OFM/Agri dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.