On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Raakvatters deel raad op plattelandkongres

───   ELZETTE BOUCHER 05:00 Fri, 09 Feb 2024

Raakvatters deel raad op plattelandkongres | News Article
Foto: OFM Nuus

Hoe maak ons seker dat plattelandse gemeenskappe nie net oorleef nie, maar ook floreer?

Meer as 60 sleuteldeelnemers sit eersdaags koppe bymekaar op NAMPO Park buite Bothaville in die Vrystaat om te besin oor die lot van Suid-Afrika se landelike gebiede wat talle uitdagings ervaar.

Die ‘Oplossings vir Suid-Afrika se platteland’ kongres, aangebied deur Landbou Weekblad en Senwes vind op 20 en 21 Februarie 2024 plaas.

Van onderwys tot gesondheid; paaie tot watervoorsiening; maatskaplike samehorigheid tot indiensneming – as dit ’n Suid-Afrikaanse probleem is, is dit waarskynlik erger in die landelike gebiede van ons uitgestrekte platteland, aldus Landbou.com.

Francois Strydom, uitvoerende hoof van Senwes, wat die hoofborg van die geleentheid is, sê die kongres het ten doel om mense saam te bring en suksesverhale van opheffing en hoop te deel.

“Dit is die lekker van hierdie kongres, dat dit oor die volle spektrum is. Dis nie net korporatiewe landbou, of landbou verwante besighede, en boere nie, dit is dorpenaars ook wat deelneem. In baie gevalle is dit gemeenskappe waar daar een of ander insident of trauma plaasgevind het en hulle bymekaar gekom het om hul probleme op te los.”

Vir verdere inligting kontak events@landbou.com.

OFM Agri dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.