On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Wees waaksaam teen moontlike uitbreking van Januarie-siekte

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Tue, 13 Feb 2024

Wees waaksaam teen moontlike uitbreking van Januarie-siekte | News Article
Theileria parva

Die Departement van Landbou het onlangs ’n dringende skrywe uitgereik waarin hulle waarsku teen die moontlike uitbreking van Januarie-siekte (Theileria parva) onder beeste in Zimbabwe.

Januarie-siekte kan ernstige gevolge vir die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf inhou.

Die Departement van Landbou het onlangs ’n dringende skrywe uitgereik waarin hulle waarsku teen die moontlike uitbreking van Januarie-siekte (Theileria parva) onder beeste in Zimbabwe. Die waarskuwing dui op ’n risiko dat die siekte na Suid-Afrika kan versprei.

Dewald Olivier, uitvoerende hoof van Red Meat Industry Services (RMIS), sê dit ’n ernstige waarskuwing wat die rooivleisbedryf in Suid-Afrika moontlik kan raak. In die skrywe word gemeld hoewel Suid-Afrika meer as 50 jaar gelede hierdie siekte aangemeld het, ons nie ons streng bioveiligheidsmaatreëls moet laat vaar nie.

“Die feit dat ons so lank gelede ’n uitbreking hiervan gehad het, beteken ons kudde het geen weerstand teen die siekte nie, wat katastrofiese gevolge vir ons rooivleisbedryf kan hê,” sê Olivier.

Vanuit ’n finansiële perspektief waarsku Olivier teen die moontlike invloed op die bedryf weens die naïwiteit van die diere. Hy beklemtoon omdat die siekte nie in meer as ’n halfeeu  voorgekom het nie, is grotendeels weens goeie bestuurspraktyke deur boere, maar bioveiligheid steeds ’n kritieke rol speel.

Die departement beveel aan boere moet gereeld vir bosluise kyk en hulle vee behandel. Hierdie praktyke, wat deur die meeste boere reeds nagekom word, het gehelp om die siekte vir ’n geruime tyd uit Suid-Afrika te hou.

Die moontlike uitbreking van die siekte in Suid-Afrika sal ’n ernstige invloed op die rooivleisbedryf hê. Foto: Riek Truter

Olivier beklemtoon die belangrikheid van bioveiligheid nie net teen die siekte self nie, maar ook vir die voorkoming en die verspreiding daarvan.

Die moontlike uitbreking van die siekte in Suid-Afrika sal ’n ernstige invloed op die rooivleisbedryf hê. Dit hou nie net 'n bedreiging vir die dierewelstand in nie, maar ook vir die ekonomie omdat dit tot ’n tekort aan slagdiere en produkte kan lei. Dit kan selfs die nuwe ooreenkoms van uitvoer na Saudi-Arabië beïnvloed, asook ander uitvoer van Suid-Afrikaanse rooivleis.

‘Goeie praktyke vir bioveiligheid en vinnige optrede is noodsaaklik’

Olivier sê goeie praktyke vir bioveiligheid en vinnige optrede is noodsaaklik om moontlike uitbrekings te beheer en die bedryf te beskerm. "Ons moet waaksaam wees, en ek glo ons produsente is bereid om die nodige stappe te doen om ons rooivleisbedryf te beskerm teen hierdie potensiële bedreiging."

OFM/Agri dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.