Agriculture
3 vermeende veediewe nog op vrye voet in Kimberley─── 13:35 Fri, 16 Feb 2024

“Twee verdagtes het Setswana gepraat en die ander een Afrikaans.”
Die veediefstaleenheid in Kimberley vra hulp met die opsporing van veediewe. Hulle het Saterdag 20 Januarie 30 bokke gesteel en in ’n taxi op Campbell gelaai. Die slagoffer het die polisie gehelp om identikits van die verdagtes saam te stel.
Die polisie is op soek na dié man wat hulle moontlik met die saak kan help. Foto: SAPD
Die bokwagter het omstreeks 12:00 die vee in ’n veld op Campbell opgepas toe onbekende mans hom genader en vuurhoutjies gevra het. Hy het agterdogtig geraak en probeer weghardloop, maar een van hulle het hom met ’n vuurwapen aangerand.
Dié man was vermoedelik betrokke by veediefstal. Foto: SAPD
“Al drie verdagtes is vermoedelik tussen 25 en 30 jaar oud. Twee is 1,6 meter lank en die ander een 1,9 meter,” sê Molefi Shemane, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.
“Twee verdagtes het Setswana gepraat en die ander een Afrikaans.”
Die man het glo bokke gesteel in Campbell. Foto: SAPD
Die polisie vra enigeen met meer inligting om hul naaste polisiekantoor te kontak of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel. Alle inligting word as vertroulik beskou.
OFM Nuus dg