Agriculture
Onteieningswetsontwerp waarskynlik vanjaar afgehandel─── ELZETTE BOUCHER 05:00 Tue, 20 Feb 2024
“Daar is beter beskerming aan grondeienaars en mense met ongeregistreerde regte.”
Die Onteieningswetsontwerp is een van die wetgewing wat heel waarskynlik deur die huidige parlement afgehandel sal wil word voordat kiesers later vanjaar na die stembus gaan.
Annelize Crosby, Agbiz se regskenner, verduidelik die jongste weergawe van die wetsontwerp is by die provinsies en daarna sal die wetsontwerp verwys word na die Nasionale Vergadering.
“Dis nou al ’n geruime tyd binne daardie proses. Voor dit was daar ’n ellelange proses gewees van omtrent Oktober 2020 af ook eers in die portefeuljekomitee van openbare werke in die Nasionale Vergadering.”
Crosby meen daar is wel positiewe aspekte van die wetsontwerp. “Daar is beter beskerming aan grondeienaars en mense met ongeregistreerde regte.”
Kommer bestaan steeds egter oor die definisie van onteiening en onteiening sonder vergoeding onder sekere omstandighede.
OFM Agri dg
