Agriculture
Beefmaster lewer beesvleis aan Saoedi-Arabië─── 05:00 Fri, 01 Mar 2024

“Ons glo die gehalte van ons produk sal die vraag dryf.”
Die Beefmaster Groep het vandeesweek aangekondig hul beesvleis is nou beskikbaar op rakke in Saoedi-Arabië. Dit volg ná die suksesvolle afsluiting van onderhandelinge die afgelope 15 maande en ’n baanbrekersooreenkoms tussen Suid-Afrika en Saoedi-Arabië in Oktober 2022.
"Ons is verheug om moontlik die eerste Suid-Afrikaanse beesvleismaatskappy te wees wat amptelik vir meer as 21 jaar met hierdie nasie handel dryf," sê Gert Blignaut, uitvoerende hoof van die Beefmaster Groep.
Suid-Afrikaanse beesvleis is nou in Saoedi-Arabië te koop. Foto: Riek Truter
Hy sê die maatskappy het ‘n wye verskeidenheid produkte en sal mettertyd sy aanbod uitbrei of verfyn, afhangende van verbruikersvoorkeure. "Ons glo die gehalte van ons produk sal die vraag dryf, en wanneer gehalte en prys kruis, sal daar ‘n beduidende kans wees om uitvoer na die land te verhoog."
OFM/Agri dgg