On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Droë en warm toestande benadeel gewasse

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Wed, 06 Mar 2024

Droë en warm toestande benadeel gewasse | News Article
Daar is groot kommer oor Suid-Afrika se gewasopbrengste. Foto: Pixabay

“Die skattings dui op ‘n afname in die produksie en dit bring toenemende bekommernis oor die stabiliteit van die land se voedselvoorraad.”

Die laatsomer-droogte en verhoogde temperature wat in Sentraal-Suid-Afrika voorkom, het ‘n nadelige uitwerking op gewasproduksie. Hierdie faktore het ook ‘n aansienlike invloed op die winsgewendheid van die landboubedryf.

Heleen Viljoen, ekonoom by GraanSA, verwys na die Nasionale Oesskattingskomitee se jongste produksieskattingsverslag, wat ‘n somber prentjie skets van die land se gewasopbrengste. Die skattings dui op ‘n afname in die produksie van witmielies, geelmielies en sojabone in vergelyking met vorige seisoene. Dit bring toenemende bekommernis oor die stabiliteit van die land se voedselvoorraad.

Viljoen beklemtoon die sensitiewe aard van die situasie vir witmielies, wat ‘n groot deel van Suid-Afrika se voedselmandjie uitmaak. Die potensiële invloed van ‘n afname in uitvoer van witmielies op die land se ekonomie word veral onder ‘n vergrootglas geplaas.

Sy sê daar is tans geen tekort aan witmielies in Suid-Afrika nie, maar die afname in uitvoer kan die uitvoermarkte belemmer en ‘n effek hê op die winsgewendheid van produsente.

OFM/Agri dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.