On Now
Weekends 19:00 - 20:00
Nuut in Afrikaans Nadine
NEXT: 20:00 - 22:00 Sunday Night with Nadine
Listen Live Streams

Agriculture

Hoe om onwettige grondbesetting te hanteer

───   04:00 Mon, 11 Mar 2024

Hoe om onwettige grondbesetting te hanteer | News Article
Die Red Ants sekuriteitsfirma besig met uitsettings in Lourierpark, Bloemfontein. Foto: Morgan Piek (OFM).

’n Regskenner wat spesialiseer in grondeise en geskille vertel wat eienaars te doen staan in die geval van onwettige besetting.

Ná ’n onlangse grondgryppoging in Bloemfontein, wat talle as ’n politieke slenter voor die Mei-verkiesing beskou, opper grondeienaars vrae oor of soortgelyke gevalle na ander gebiede sal uitkring en hoe hulle so ’n situasie moet hanteer, sou dit op hul eiendom gebeur.

Die Red Ants-sekuriteitsfirma het Vrydag (8/3) onwettige strukture in Lourierpark gesloop nadat ’n uitsettingsbevel teen die onwettige bewoners verkry is. Strukture van bewoners wat geen ander heenkome het nie, moes egter kragtens die wet staande bly.

Die Potchefstroomse regskenner Hans-Jurie Moolman verduidelik wat grondeienaars te doen staan wanneer onwettige besetting plaasvind.

“Die eerste stap is om dadelik regshulp te kry en sekuriteit op die betrokke eiendom te verhoog.”

Nadat hierdie stap uitgevoer is, moet betredingklagte by die polisie gelê word en daarvoor moet daar ’n behoorlike verklaring afgelê word.

“Die persoon wat die verklaring aflê, moet die persoon wees wat die eienaar is. As dit ’n maatskappy, beslote korporasie (BK) of trust is, moet daardie verklaring ook ’n resolusie van die maatskappy, BK of trust vervat.”

’n Lugfoto van die strukture wat sedert 1 Maart 2024 onwettig in Lourierpark, Bloemfontein opgerig is. Foto: Mangaung Ratepayers Association.

’n Lugfoto van die strukture wat sedert 1 Maart 2024 onwettig in Lourierpark, Bloemfontein opgerig is. Foto: Mangaung-belastingbetalersvereniging

Moolman sê as die situasie eskaleer en ’n groot groot klomp mense die grond sou betree, of indien daar gewelddadige optrede is en die situasie nie onder beheer gebring kan word nie, is dit ook belangrik om die hof vir ’n dringende hofbevel te nader.

“Die polisie het deurlopend ’n plig om in die geval waar daar betredingklagte gelê is, op te tree en persone wat die misdryf begaan het te arresteer en voor ’n hof te bring.”

Die oorblywende strukture nadat die Red Ants sekuriteitsfirma die gebied kragtens ’n hofbevel ontruim het. Foto: Mangaung Ratepayers Association.

Die oorblywende strukture nadat die Red Ants sekuriteitsfirma die gebied kragtens ’n hofbevel ontruim het. Foto: Mangaung-belastingbetalersvereniging

Moolman beklemtoon dat dit oor die algemeen goeie praktyk is om baie goeie beheer oor eiendom uit te oefen en indien dit nodig is, hierdie stappe te volg met behulp van regslui.

“Dit kan baie ingewikkelde situasies oplewer soos wat ons nou onlangs in Bloemfontein gesien het.”

OFM Agri cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.