On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Room van suiwelprodusente op Bloemskoukompetisie

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Mon, 11 Mar 2024

Room van suiwelprodusente op Bloemskoukompetisie | News Article
Beoordelaars proe aan die suiwelkoeldranke op Bloemskou se suiwelkompetisie. Foto: Robyn Schutte

“Vanjaar is ’n indrukwekkende 381 inskrywings vanaf 19 vervaardigers ontvang.”

Bloemskou se suiwelkompetisie is ’n jaarlikse geleentheid vir produsente om hul produkte ten toon te stel en erkenning te ontvang. Vanjaar is ’n indrukwekkende 381 inskrywings vanaf 19 vervaardigers ontvang, wat ’n 23%-styging in vergelyking met 2023 is.

Elke beoordelaar het 'n tablet gehad om tydens beoordeling te gebruik. Foto: Robyn Schutte

Beoordeling het in 17 klasse plaasgevind, insluitende botter, gouda-, cheddar- spesiale, en eksotiese kase, asook ’n verskeidenheid produkte van bees- en selfs bokmelk.

Met sowat 20 beoordelaars van oor die land heen word die uitslae verwerk en sal dit op 10 April tydens die prysuitdeling bekend gemaak word.

Die kategorieë het ’n wye reeks suiwelprodukte ingesluit, van botter en verskeie kase tot jogurt, melk, maaskaas, roomkaas, en selfs suiwelgebaseerde sappe en roomprodukte.

“Die kompetisie het ook ’n New innovative product-kategorie ingesluit en daar is ’n strewe om die bestaande kategorieë te handhaaf en meer vervaardigers landwyd aan te moedig om deel te neem,” sê Elmarie Prinsloo, hoof- uitvoerende bestuurder van Bloemskou.

Beoordelaars by die mozarellakaas-demonstrasie op die Bloemskou se suiwelkompetisie. Foto: Robyn Schutte

“Die gebruik van elektroniese beoordelingstegnieke het die proses vereenvoudig en verseker dat die beoordeling anoniem plaasvind, wat die integriteit van die kompetisie handhaaf. Die gehalte van die klasse was uitstaande, en daar is ’n groot opwinding oor die toekoms van hierdie kompetisie en die potensiaal vir verdere groei en sukses,” sê sy. 

OFM/Agri dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.