On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Agriculture

Boere in Hennenman, Ventersburg hoop vir positiewe uitkoms met misdaadprobleme

───   12:40 Fri, 15 Mar 2024

Boere in Hennenman, Ventersburg hoop vir positiewe uitkoms met misdaadprobleme | News Article
TP Theron, voorsitter van die Henneman- en Ventersburgboerevereniging Foto: Facebook

“Ons gemeenskappe bly ernstig bekommerd oor die vermoë van die SAPD om hul mandaat aan ons landelike gemeenskappe te vervul.”

Die Hennenman- en Ventersburg-boerevereniging in die Vrystaat is steeds hoopvol ’n oplossing kan gevind word vir hul probleme met landelike polisiëring – al het het intervensie en terugvoervergaderings nog nie vrugte afgewerp nie.

TP Theron, voorsitter, sê boere het op eie onkoste ’n kamerastelsel in die gebied opgerig om misdaad te probeer bekamp. Die polisie kan egter nie op die inligting reageer as hulle nie voertuie beskikbaar het nie en die boere kan nie hul eie voertuie beskikbaar stel nie. .

“Hoewel daar vordering is met spesifieke kwessies, bly ons gemeenskappe ernstig bekommerd oor die vermoë van die SAPD om hul mandaat aan ons landelike gemeenskappe te vervul.”

Theron sê sedert die vorige vergadering in Oktober 2023 was die vordering in hierdie verband nie voldoende gewees om die skade in die feestyd te beperk nie.  “Meer as ’n R1 miljoen  se vee is sedert November 2023 in die boerderygemeenskap in Hennenman en Ventersburg gesteel.”

Hy het egter die interaksie met opkomende boere op die laaste vergadering bemoedigend gevind. “Dis duidelik dat ons almal met dieselfde frustrasie met die SAPD worstel. Ons wil ook die Nasionale Vervolgingsgesag bedank vir hul pogings om dienslewering op ’n plaaslike vlak te verbeter.”

Theron sê hulle is vol vertroue die huidige leierskap binne die polisie sal met tasbare oplossings na vore kom.

OFM Agri/Johan Gunter dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.